- Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
- Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Transformasie en Oorlogsmuseum in Bloemfontein
Kategorie: Rubrieke Publiseer op %AM, %02 %283 %2017 %07:%Feb Geskryf deur Die Redaksie
“Die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein het grootliks daarin geslaag om aan die transformasie-eise van die ANC-regering te voldoen, sonder om sy unieke identiteit prys te gee,” het dr. Pieter Mulder, VF Plus-LP en woordvoerder vir kuns en kultuur gesê.
Op Kleinvallei word drome waar
Kategorie: Rubrieke Publiseer op %PM, %22 %542 %2015 %14:%Jul Geskryf deur Marinda Toerien
Kleinvallei, geleë op ‘n lappie grond buite Krugersdorp, waar 60 mense woon en leer hoe om selfversorgend te wees, het ‘n heerlike kuierplek vir die gemeenskap geword. Naweke beman inwoners ‘n padstal waarin produkte soos handwerk, gebottelde blatjang, rissiesous, konfyt, kralewerk, kleipotte en vele meer verkoop word. Daarmee saam bedien hulle eet- en drinkgoed. So tussen die gewerskaf is daar altyd ‘n besoeker wat nie haastig is nie en meer wil uitvind oor dié plakkerslewe van Kleinvallei. Gou is daar ‘n groep wat heerlik in die wintersonnetjie saam kuier, resepte uitruil en sommer net sit en gesels.
Baksteen kry Caden nie onder nie
Kategorie: Rubrieke Publiseer op %AM, %26 %339 %2015 %09:%Jun Geskryf deur Die Redaksie
Alhoewel klein Caden Slabbert (8) niks weet van politiek nie, was hy baie opgewonde toe drie VF Plus vroue by sy hospitaalbed met geskenke opdaag. Die vroue, Marga Alberts, media skakelbeampte van dr. Pieter Mulder en Chanelle Erasmus van die party se belsentrum in Pretoria was geraak deur dié moedige seun en sy ouers. Caden is op 30 April met ‘n baksteen teen die kop getref terwyl hy, sy sussie en pa Justin oppad was na ‘n vakansieoord waar hulle die langnaweek sou spandeer.
Nommerplaat dalk vir R1 miljoen opgeveil
Kategorie: Rubrieke Publiseer op %PM, %20 %793 %2014 %20:%Nov Geskryf deur Marinda Toerien
As jy die wettige eienaar wil wees van die gesogte nommerplaat SOWETO 1 GP, is daar net een manier om dit te kry – woon die veiling volgende week by en bring R1 miljoen saam. Dié unieke nommerplaat wat die kopiereg op die naam insluit, sal tesame met ‘n 1950 Morris Minor 1000 onder die hammer kom. Daar word verwag dat die motor met sy nommerplaat die R1 miljoen merk sal haal.
Irma Stern se kunswerk haal R5,8m
Kategorie: Rubrieke Publiseer op %PM, %14 %520 %2014 %13:%Okt Geskryf deur Marinda Toerien
ʼn Skildery van Irma Stern, een van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars, is vir R5,8 miljoen tydens ʼn kunsveiling in Kaapstad verkoop. Dit is amper ʼn miljoen minder as wat daar verwag is. Die skildery met die titel “Tiger Lillies” is van lelies in ʼn blompot. Die afslaer, Stephan Welz, sê dié skildery was in 1932 vir die eerste keer in die Kaapstadse Nasionale kunsgalery uitgestal.
Is e-sigarette skadeloos?
Kategorie: Rubrieke Publiseer op %AM, %14 %378 %2014 %10:%Okt Geskryf deur Marinda Toerien
Elektroniese sigarette is so gesond soos fonteinwater- jy kry nog steeds ʼn goeie kwota nikotien in, maar dit is skadeloos en natuurlik die kersie op die koek is die geen tabak bevat nie. As jy hierdie bemarkings strategie glo, kan jy sekerlik glo die maan is van kaas. Dokters is intens bekommerd oor die langdurige nikotien inname van die e-sigaret op jou liggaam. Nikotien stimuleer die kardiovaskulêre sisteem – dit versnel jou hartklop en laat jou bloeddruk styg, wat gevaarlik is vir mense met hartprobleme.
Reuse panda flous oppassers
Kategorie: Rubrieke Publiseer op %PM, %26 %657 %2014 %16:%Aug Geskryf deur Marinda Toerien
‘n Reuse panda het haar oppassers lekker geflous deur voor te gee sy is dragtig. Dit alles net om haar swangerskap in die luuksheid van ‘n lugversorgde kamer deur te bring en met happies soos vrugte en bamboes bederf te word. Ai Hin wat in die Chengdu-sentrum in China aangehou word, het in Julie vir groot opgewondenheid gesorg toe sy begin tekens toon dat sy waarskynlik dragtig is.
Kyalami-renbaan te koop
Kategorie: Rubrieke Publiseer op %PM, %24 %483 %2014 %12:%Jul Geskryf deur Marinda Toerien
As jy vandag R200 miljoen in jou sak het, kan jy die Kyalami-renbaan in Midrand koop. Dié gewilde renbaan wat dekades lank bekend is vir sy Grand Prix- en Formule Een-motorwedrenne is in 1961 in Midrand begin. Kyalami is op die plaas Bothasfontein ontwikkel en is sowat 72 hektaar groot.
Onderwys om op trots te wees
Kategorie: Rubrieke Publiseer op %AM, %25 %319 %2014 %08:%Jun Geskryf deur Marinda Toerien
Die CVO Volkskool in Brakpan is getrou aan hul leuse waar elke kind met sorg onderrig en voorberei word op hul pad na volwassenheid. Skoolhoof, mnr. Paul Zietsman, se oë blink en sy hande beduie van pure opgewondenheid as hy praat oor die prestasies van sy leerders en hoe onderwysers dit nog geniet om onderwys te beoefen.
Philip van Staden - 'n Man met 'n missie
Kategorie: Rubrieke Publiseer op %PM, %06 %477 %2014 %12:%Jun Geskryf deur Marinda Toerien
Die Afrikaner het nog lank nie die leisels neergelê in hierdie pragtige sonnige land van ons nie! Inteendeel ons begin nou eers in alle erns spoed optel, want die volgende verkiesing gaan vir buitengewone verrassings sorg. So sê mnr. Philip van Staden, nuut verkose LPW van die VF Plus in Gauteng. Hy neem die leisels oor by mnr. Jaco Mulder wat na byna 20 jaar in die aktiewe politiek die tuig neerlê.
Jaco Mulder - 'n Vryheidsfronter in hart en siel
Kategorie: Rubrieke Publiseer op %AM, %23 %349 %2014 %09:%Mei Geskryf deur Marinda Toerien
As jong student in 1982 by die destydse Rand Afrikaanse Universiteit kon hy nie anders as om by die politiek aan te sluit nie. Dit is nou maar net ’n Mulder-ding. In die volgende tien jaar beleef hy die politiek op sy onstuimigste. PW Botha wat uit die parlement geskop word om plek te maak vir ‘n meer liberale denker, die Konserwatiewe Party se weiering om aan ‘n demokratiese verkiesing deel te neem en dan die geboorte van die Vryheidsfront Plus.
Verdere Artikels...
- KRANSLEGGING BY KOOIJKER SE GRAF
- Historiese Paul Kruger-saal in Krugersdorp-Wes ontruim van plakkers
- Reader’s Digest vir een pond verkoop
- Baie wil Oscar se saak lewendig op TV sien
- Man dood in padwoede
- Wêreld moet Japanse slagting van dolfyne teenstaan
- Shoprite verloor R260 miljoen op Mandela se begrafnis
- Ysbeer van Johannesburg dood
- Reën dringend nodig vir goeie mielie oes
- Soektog na nog fossiele by Wieg van die Mensdom