- Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
- Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Suid-Afrikaner se toekoms word onteien
Geskryf deur Redaksie
Suid-Afrikaners word daagliks toenemend gekonfronteer met eiendomsonteiening sonder vergoeding, wapenonteiening, swak dienslewering, ekonomiese druk en ‘n gevestigde geweldskultuur.
Die VF Plus het gisteraand as deel van sy 2019-verkiesingsveldtog in Gauteng tydens ‘n vergadering op Vanderbijlpark gesê dat ANC-populisme en ʼn onvermoë om effektief te regeer, in werklikheid tot gevolg het dat Suid-Afrikaners se toekoms onteien word.
Die uitvloei van kundigheid uit staatsdepartemente en staatskaping is die direkte oorsake van swak dienslewering in Suid-Afrika.
Die VF Plus veg teen rasdiskriminerende wetgewing, beskerm die regte van minderhede en staan die behoud van die vryemarkstelsel voor.
Die party het reeds ‘n bewese rekord as effektiewe opposisie- en regeervennoot waar veelparty-koalisies in stadsrade aan bewind is.
Die ANC-regering moet in 2019 by die stembus vervang word met ‘n veelparty-koalisie waarvan die VF Plus deel sal uitmaak.