Die Voorblad

A+ A A-

Koester ‘n Tarantula as ‘n troeteldier

Hulle maak sonder moeite groot,  is stil, eet nie baie nie en is ‘n bietjie harig. Die nuwe gier is om ‘n Tarantula spinnekop as huisdiere aan te hou, want nie almal mag ‘n viervoetige huisdier aanhou nie.  En behalwe daarvoor – hulle byt nie. ‘n Plaas in Chili voer tans handpalm grootte eksotiese spinnekoppe uit na lande in Asië, Europa en Amerika.

 

 

Hulle verkoop vir 25 doller plus hul skeepskoste. Die diertjies eet net een keer ‘n week en lewe op kokerotte en wurms. Hul lewensverwagting, veral onder vroulike spinnekoppe, is 25 jaar.

 

Juan Gonzalez, die plaas se veearts sê tarantulas is ‘n ideale troeteldier, want nie almal kan ‘n huisdier aanhou nie. Hulle het ook nie veel aandag nodig nie. Die tarantula plaas voer sowat 30 000 van hierdie troeteldiere per jaar uit. Daar is sowat elf verskillende spesies waarvan sommige wissel van rooi tot koper kleurig. Party het meer hare.

 

Op die plaas word  hoofsaaklik van vroue arbeid gebruik gemaak om te help met die teel en grootmaak van die spinnekoppe omdat vroue die spesies sagter handteer. Tarantulas wyfies en mannetjies word gou na die broei periode van mekaar geskei omdat hulle geneig is om mekaar op te eet.

 

Wanneer die nuwe gier Suid-Afrika gaan tref, moet ons nog leer.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.