Die Voorblad

A+ A A-

Werk demokrasie in SA?

Dan Roodt, aktivis en lid van die VF Plus se federale dagbestuur se opinie oor die huidige Kleinfontein-debakel..... 

 

Die twee onlangse gebeure in Suid-Afrika beklemtoon duidelik dat demonkrasie nie werk in ‘n samelewing van uiters komplekse, veelkleurige en veelvolkige bevolkingsgroepe nie.

 


Die eerste is die bohaai oor die Afrikaner gemeenskap van Kleinfontein aan die ooste van Pretoria en die tweede is die voorgesette vyhandigheid teenoor Afrikaans medium skole deur die Gautengse onderwys departement. Wat se bedreiging is ‘n duisend Christen Afrikaners wat vreedsaam in Kleinfontein woon teen die Tshwane metroraad? Kleinfontein is skaars die groote van Luxemburg met sy miljoene inwoners.

 

Kleinfontein verskil nie van enige ander geslote gemeenskap nie, behalwe dat dit nie gebou is in ‘n sogenaamde Tuscan styl met ‘n onsinnige Mediterreense naam of al die aanwysings  in Engels aangebring is nie. Dit verteenwoordig die Duitse konsep van Sprachinsel of “taal-eiland” wat beteken om jou taal te bewaar.


Die mense van Kleinfontein is nie uitheems of eksoties nie, hulle wil net hulself wees. Hulle leef saam in ‘n selfversorgende gemeenskap, soos duisende ander gemeenskappe in landelike gebiede van Suid-Afrika. Inteendeel, die president woon in so ‘n Zoeloe gemeenskap in Nkandla waar hy sy eie taal en kultuur uitleef. Hoekom is dit aanvaarbaar om ‘n Zoeloe te wees, maar nie ‘n Afrikaner nie?


Die regerende party, die Africa National Congress, will  met Kleinfontein in gesprek tree, terwyl die Demokratiese Alliansie net vyandskap teen Kleinfontein gewys het. Nie eers die destydse Sowet Unie het  soveel in gemeng in die onderwysstelsel as wat me Barbara Greezy, LUR vir onderwys, huidiglik doen nie.

 

Sy knou Hoërskool Fochville af en dwing hulle om Engelssprekende leerders wat met busse aangery word, in die skool toe te laat. Die skool is die enigste Afrikaans medium skool in ‘n uitgestrekte gebied. Die skool word van rasisme beskuldig terwyl daar ‘n paar swart kinders is wat baie gelukkig in Afrikaans onderrig word.

 

Ons het dringend ‘n federale stelsel nodig wat wegdoen met ‘n Lenin demokrasie.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.