Die Voorblad

A+ A A-

Ys in Antartika smelt vinniger

Studies toon dat somer-ys in Antartika is besig om tien keer vinniger te smelt as 600 jaar gelede. Die studie  wat gesamentlik uitgevoer deur Australië en Britanje vind dat die vinniger smelting veral oor die laaste 50 jaar plaasgevind het.

 

‘n Navorsingsspan van die Australianse nasionale universiteit en die Britse Antartiese- ondersoekspan het  364 meter diep in die ys op James Ross eiland geboor om temprature te meet. Die wetenskaplikes ondersoek die lae ys en beplaal  hoe lank die smelt- en ysproses is.

 

‘n Woordvoerder van die Australiese universiteit meen dit was 600 jaar gelede baie kouer as nou. Temprature was sowat 1,6 grade Celsius laer as gemete temprature in die twintigste eeu. Tien keer meer ys smelt deesdae gedurende die jaarlikse sneeufal as 600 jaar gelede. Die temprature het ook geleidelik gestyg, maar die grooste smeltproses het in die middel van die twintigste eeu begin plaasgevind.

 

Die navorsing help wetenskaplikes om ‘n meer akurate plan saam te stel oor die direkte en indirekte gevolge van die Antartika ystafel en gletsers asook die smelt- en verwarmingsproses   op die kontinent.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.