Die Voorblad

A+ A A-

Die Afrikaner is n slaaf van sy verlede

Soos ‘n hedendaagse Rip van Winkle sluimer die Afrikaner. En terwyl hy slaap, verval sy jeug in immoraliteit: skaam oor hul velkleur en hul taal. Ons sien ook morele verval in ons ouer mense wat aanhou jammer sê vir apartheid, asof hulle moet boet met slawerny vir  die verlede.

 

 

Maar wat presies moet ons terugbetaal? Wie kan my sê? Moet ons jammer sê omdat daar nie eens iets so eenvoudig  soos die wiel ontwerp is voor Jan van Riebeek in die Kaap geland het nie? Moet ek jammer wees oor my voor vaders, die myne, industrië en stede wat ontwikkel en gebou is en wat vandag nog staan.

 

As ‘n mens in Afrika gaan kyk, is die verval en agteruitgaan daagliks sigbaar, maar niemand vewyd nie. Etohpie is een van die lande in Afrika wat nooit onder ‘n Europese bewind was nie. ‘n Land wat gekenmerk word deur burgeroorloë en hongersnoot wat van die een geslag na die ander oorspoel.

 

Dan is daar Zimbabwe, die eers vooruitstrewende land wat die kontinent van kos voorsien het, maar vandag vlug honger en hawelose burgers na buurlande. Ons het na 1994 in ‘n 20 jaar van sluimering verval en leef in ‘n politieke wildernis.

 

In ‘n  politieke bestel wat ons kinders aan bande plaas, wat bepaal dat swart kinders ‘n 50 persent slaagsyfer moet behaal om aan ‘n universiteit te studeer terwyl ‘n blanke leerder ‘n slaagsyfer van 80 persent moet kry. En dit is dikwels nie goedgenoeg nie. ‘n Kwota-stelsel wat niks anders is as omgedraaide apartheid nie.

 

Nog ‘n aspek is veiligheid wat nie deur die regering verseker kan word nie. Mense woon in mini-tronke en daar is geen belasting verligting in sig nie. Al ‘bemoedigende’ woorde van pres. Zuma is ‘n aanmoediging om in die ANC te belê. ‘n Leuen wat hy maklik onder sy eie mense verkoop.

 

Dit het tyd geword dat Afrikaners uit hul sluimerslaap ontwaak en ons eie toekoms verseker. Ons kan ons eie werklikheid skep deur selfbeskiking en selfsorg. Die selfbeskiking wat ek voor staan, is onselfsugtig  en geskool is op Christen waardes.


Staan op Afrikaner en wees die meester van jou toekoms en nie die slaaf van jou verlede nie.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.