Die Voorblad

A+ A A-

“Searching for Sugar Man” wen Oscar

Die rolprent ,Searching for Sugar Man, wat die verhaal vertel van ‘n briljante sanger wie se sangloopbaan eindig nog voor dit byna begin het, is Sondag met ‘n Oscar bekroon as beste dokumentêre film. ‘n Nederige Sixto Rodriguez, die man oor wie se lewe die film handel, het nie die Oscar geleentheid bygewoon nie omdat hy nie enige krediet vir himself wil toeëien nie.

 

Rodriques het die Suid-Afrikaanse musiek wêreld vier dekades gelede betree en sy Cold Fact album en die bekende “I’ll slip away” was dadelik ‘n treffer. Maar in sy tuisdorp Detroit, Michigan, het erkenning weggebly. Tog het hy sy werk as arbeider voortgesit en probeer om die lewe van armes beter te maak.

 

Hyself het op die broodlyn gelewe. Hy was so vasbereade om ander te help- hy het in 1989 homself verkiesbaar gestel. Sy droom was van korte duur omdat sy naam verkeerd op die stembrief gespel is. Intussen het sy albums in Suid-Afrika soos soetkoek verkoop en oorgespoel na Botswana, die voormalige Rhodisië, New Zeeland en Australië.

 


Die dokumentêr is in 2006 begin toe die eerste regeseur, Malik Benjelloul, Afrika besoek het. Hy was gefassineerd met Rodriquez se verhaal en dit was ook hy tesame met Craig Bartholmew Strydom, die vervaardiger, wat die Oscar ontvang het. Benjelloul het na Rodriuguez begin soek na verskeie stories oor sy skynbare dood en selfmoord.

 

Hy is lank daarna opgespoor waar die sanger nogsteds ‘n eenvoudige lewe gelei het. Rodriguez het al verskeie kere Suid-Afrika besoek en hy is gewilder as ooit. Sy toer na Suid-Afrika ‘n paar weke gelede was deur duisende ondersteuners bygewoon. Op 70 was sy stem nog suiwer en energiek. Daar was geen oop stoele nie.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.