Die Voorblad

A+ A A-

Kers- en nuwejaarsboodskap van Rdsl Philip van Staden - VF Plus Pretoria Leier

Ek kan nie glo dat die einde van 2012 uiteindelik aangebreek het nie. 2012 kan gekenmerk word as die jaar waar ons groot politieke onrus beleef het op die binnelandse- en internasionale gebied.

 

 

Groot gebeurtenisse het die afgelope jaar plaasgevind en aanhoudende gevegte in die raadsale van hierdie land teen die ANC het die VF Plus tog baie van hierdie gevegte gewen en die ANC bloedneus op verskeie gebiede toegedien. As ek al hierdie gevegte moet gaan tel het die VF Plus in Pretoria nie minder as sestig volskaalse geveg en gewen.

 


Al hierdie gevegte gaan ek nie hier herhaal nie want dit was op verskeie media forums gedra soos Facebook,Twitter,Blogs en natuurlik die plaaslike koerante,radio en televisie. Ons gaan nou weer die Kersgety binne en dit is daardie tyd van die jaar wat ons moet rustig raak en stilsit en dankbaarheid teenoor ons Skepper betuig vir die wonderlike dinge wat daagliks in ons lewens gebeur.

 


Ons as mense is altyd vinnig en maklik om vir God te vra: “Waar is U as ek in die moeilikheid is?”, maar het ons al ooit bietjie gedink waar God was die dag toe sy Seun vir ons aan die kruis gesterf het? Die antwoord op hierdie vraag is voor die handliggend – God was by jou gewees toe Hy Sy enigste Seun laat sterf het aan die kruis vir ons sondes.

 


Die Koning van alle konings wat in ‘n stal gebore was het vir my en jou sondes betaal. Daarom moet ons as Christene,nie net oor Kersfees nie,maar elke dag Hom loof en prys vir wat Hy elke dag vir ons doen en vermag.

 


Ons gaan ‘n onbekende toekoms binne en ons weet nie wat in 2013 alles vir ons lê en wag nie maar gewapen met God se wapenuitrusting kan ons enige aanvalle teen ons trotseer en oorwin.

 


Hiermee wil ek dan graag as leier van die VF Plus in Pretoria vir ieder en elke een in hierdie pragtige land van ons ‘n baie Geseënde Christusfees toewens en mag u almal ‘n wonderlike nuwe jaar tegemoet gaan.

 


Hou vas aan God, werp u voor Sy voete neer en plaas al u vertroue op Hom. Veilig reis en ons sien mekaar weer in 2013.

 


Kersgroete
Rdsl. Philip Van Staden
VF Plus Pretoria Leier

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.