Die Voorblad

A+ A A-

Afrikaans sprei sy vlerke na Amerikaanse Senaat

Afrikaans kan waarskynlik in die gange van die Withuis gehoor word na Jeff Flake se verkiesing in die Amerikaanse senaathuis. Flake het Maandag ‘n oorwinning oor sy opponent sen. Jon Kyl behaal toe hy hom met 50 persent van die stemme gewen het.

 

Flake, ‘n Republikein, wat vlot Afrikaans praat het die taal aangeleer toe hy in die 1980’s twee jaar sendingwerk in Suid-Afrika gedoen het. Daarna het hy in Namibië gaan werk. Hy is in 2000 tot die Huis van Verteenwoordigers verkies as lid vir Arizona se Sesde Distrik.

 

Die kiesafdeling aan die ooste van Phoenix het ‘n groot Mormoonse populasie. Sen.Flake het tien jaar gelede joernaliste verbaas toe hy in Kaapstad tydens ‘n politieke besoek aan die land, Afrikaans gepraat het.

 

Hy is bekend daarvoor dat hy ‘n teenstander van sanksies is en is ‘n kampvegter vir landboubelange. Hy het dan ook gedurende die tagtigerjare ekonomiese sanksies teen Suid-Afrika teengestaan.

 

Foto: The Wall Street Journal

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.