Die Voorblad

A+ A A-

Afrikaanse films maak stem dik in teaters

Die Afrikaanse filmbedryf het die afgelope maand ’n groot oplewing beleef toe drie filmtreffers die silwerdoek tref. Fliekgangers wat duidelik uitgehonger na Afrikaanse stories is, het teaters volgepak en resensente is beindruk met wat hul sien. Die merkwaardige manier waarop hierdie films geskryf, verfilm en vertolk is, is duidelik ‘n wenresep.

 

Hierdie is weer ‘n sprekende voorbeeld – dat wanneer Afrikaans as taal bedreig word, is daar ‘n natuurlike oplewing in die kuns- en musiekwêreld. Die drie films is:

 

Die Wonderwerker

 

’n Drama wat handel oor die lewe van een van Suid-Afrika se grootste digters en natuurwetenskaplikes - Eugene Marias. Hierdie verhaal speel in 1908 af waar Marais hom tussen bobbejane bevind om hul gedragspatrone te bestudeer.

 

Op sy reis per perdekar na Nylstroom doen hy malaria op en moet noodgedwonge op die Van Rooyens se plaas aandoen opsoek na drinkwater. Die Van Rooyen-gesin versorg Marais tydens sy siekbed en kort daarna sit hy sy navorsing voort.

 

Sommer gou stroom die distrik se mense na die plaas waar Marais hulle medies behandel. Hierdie drama ly ook na ‘n liefdesvierhoek wat deurvleg is met hartseer en lag.

 

Die regisseur is Katinka Heyns en die rolvertolking sluit in Cobus Rossouw, Marius Weyers, Sandra Kotze, Dawid Minaar ( as Eugene Marais), Elize Cawood, Anneke Weideman, Kaz Mcfadden en Erica Wessels.

 

Wolwedans in die Skemer

 

Die beste riller wat nog ooit in Afrikaans vervaardig is, speel af in die Hazyview-omgewing in die Mpumalanga se laeveld. Wanneer Sonja Daneel op pad is na haar nuwe werk by Hotel Njala as ontvangsdame, ry sy verby ‘n wolf en dit is net hier waar die probleme begin.

 

Sonja skrik, haar motor rol en sy is erg beseer. Sy skreeu om hulp en word uiteindelik deur haar nuwe werkgewers gevind waarna hulle haar na die hotel neem en versorg.

 

Sonja kan egter niks onthou van wat met haar gebeur het nie, maar vreemde en skrikkerige dinge begin in Hotel Njala gebeur.

 

Sonja raak verlief op die hotel se toergids, Ryno Lategan, en hy is ernstig om haar te help om haar geheue te herwin. Kort voor lank ontvou hierde riller in iets ysliks wat die gehore behoorlik op die punt van hulle stoele hou.

 

Drie moorde vind plaas en die speurders sit die stukke van die legkaart gou aanmekaar en kom betyds tot Sonja se redding.

 

Wolwedans in die Skemer is ‘n moet vir almal wat van rillers hou en hierdie een laat kan saampraat met die bestes wat Hollywood kan lewer.

 

Wolwedans in die Skemer was jare gelede uitgesaai as ‘n radioverhaal op die destydse Springbokradio en is ook nou weer op RSG te hoor.

 

Die regisseur is Jozua Malherbe en die draaiboek is geskryf deur Leon Van Nierop. Die rolle word vertolk deur Lelia Etsebeth, Karen Wessels, Rolanda Marais, Desire Gardner, David Louw, Andre Roothman, Riana Wilkens, Jacques Bessenger, Gerard Rudolf en Illse Roos.

 

Stilte Stilte

 

Die film het die afgelope Vrydag in teaters begin draai en hierdie romantiese drama wat hom afspeel in die Karoo is ‘n moet vir elke kunste- en filmliefhebber.

 

Antoinette Van Wyk is ‘n Afrikaanse musikant wie se loopbaan tans op die kruin is. Haar lewe kom tydelik op haar verjaarsdag tot stilstand toe rowers haar en haar ouers in hul huis oorval.

 

Antoinette se ouers word vermoor en hulle probeer haar keel afsny. Na die aanval kon sy nie meer sing nie en gaan sterk sy aan op ‘n familieplaas in die Karoo. Terwyl Antoinette rebelleer teen God en haar verset teen sy geneesing kom ‘n plaaslike predikant op die toneel.

 

Pieter neem haar onder sy vlerk en stadig maar seker begin haar siel genees. Geen maklike taak vir dié predikant nie. Die film is ‘n mengelmoes van emosies wat teatergangers by tye lekker laat saam lag en kort daarna kan jy nie help om ‘n traan weg te vee nie.

 

Sal die liefde van God of liefde tussen mense die oorhand kry?

 

Die regisseur is Darrel James Roodt en die rolverdeling sluit in Altus Theart, Andre Frauenstein, Angelique Pretorius as die hoofkarakter, Chante Hinds, Chris de Clerq en Deon Coetzee.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.