Die Voorblad

A+ A A-

NASIONALE BEHUISINGSKONGRES DURBAN 2-5 OKTOBER 2012

Afgevaardigdes van verskeie munisipaliteite regoor Suid-Afrika het verlede week in Durban saamgetrek om antwoorde te soek rondom die huidige nasionale nasionale behuisingskrisis. Mr. Philip van Staden, VF Plus leier in Pretoria asook Tshwane raadslid, het dié raad verteenwoordig.

 

Sprekers waaronder Hendrick Botes (besturende direkteur van Moladi Konstruksie), Pierre Venter (The Banking Assiciation of South Africa) ,Solomon Molefe (Setsmol Housing), prof. Udechukwu (Universiteit van die Witwatersrand) en Thepiso Kobile (Ontwikkelingsbank van Suid Afrika) het die onderwerp onder die vergrootglas geplaas.

 

Die regering is vanuit die staanspoor gekritiseer omdat hulle nie die problem kan oplos nie. ‘n Totaal van 12 miljoen mense is reeds sonder huisvesting en die grootste gros mense woon in die 2 700 selfopgerigte plakkerskampe.

 

Ander skoksyfers wat genoem is - tussen 18 en 24 miljoen mense lewe in armoede, slegs 6 miljoen van die 50 miljoen landsburgers betaal belasting, 7,3 miljoen is werkloos, 5,7 miljoen is HIV posetief, 15 miljoen ontvang staatshulp.

 

In 1997 het slegs 3miljoen staatshulp ontvang. Die behuisingsagterstand is so groot - voor 2020 moet nagenoeg 220 000 per jaar voltooi word om die agterstand in te haal. Daarna sal aandag aan waglyste gegee word.

 

‘n Vinger is ook na die staatsdiens se ongeskoolde arbeiderskorps gewys – slegs 4persent is opgeleide bestuurders. Sprekers het die regering aangeraai om die landsgrense te sluit om so die onbeheerbare vloei van buitelanders oor die grense te stop.

 

Hulle voer aan dat dit die oorsaak van misdaad is en swak dienslewering tot gevolg het. Die kongres het ook na die swak vakmanskap van HOP-huise verwys wat R58 miljard gaan kos om reg te maak.

 

Hulle het die regering aangemoedig om entrepeneurskap te bevorder en die nodige opleiding te verskaf. Daar is na onderwys verwys en die aandag wat nodig is om ‘n suksesvolle onderwysstelsel te bedryf.

 

Munisipaliteite moes die afgelope boekjaar nagenoeg R18 miljard aan die staatskas teruggee omdat hulle nie die begroting kon spandeer nie. Rdl. Van Staden het die regering daarvan beskuldig dat hulle vasgevang is in die “Apartheids idioom.”

 

“Die ANC moet minder die fout by die verlede soek en vorentoe beweeg. Die ANC het in 1994 alles op n skinkbord silver skinkbord gekry, maar weens die party se onvermoë om die land suksesvol te bestuur val alles uitmekaar.”

 

Munisipaliteite is aangeraai om vervalle geboue in metro’s eerder te omskep in woonstelle vir mense sonder huise. “Suid-Afrikaanse huishoudings sukkel om hul skuld af te betaal - 46 persent kan nie hul skuld terug betaal nie, terwyl 74 persent van werkers se salarisse aan die afbetaling van skuld gespandeer word.

 

Daar is gemaan dat mense hulself uit armoede moet lig en begin produktief raak.” Rdl. Van Staden het die kongres oor blanke armoede toegespreek en kongresgangers was duidelik geskok oor die omvang van die probleem.

 

Van hulle het hardop hul verbasing uitgespreek terwyl ander dit as onbelangrik afgemaak het. Rdl. Van Staden het aangebied om gaste te begelei na arm blanke woonbuurtes en wit plakkerskampe sodat hul met mense kan gesels.

 

In Durban self het die aanwas van blanke Afrikaners die afgelope maande geweldig toegeneem en was duidelik sigbaar. Baie van die mense het stalletjies lands die waterfront en werk as motorwagte.

 

Hulle slaap in hul stalletjies omdat hulle geen ander heenkome het nie. Die hotel waarin die kongres plaasgevind het, Edward Hotel, is vanjaar 100 jaar oud.

 

Tydens die kongresafsluiting het sprekers en kongresgangers die hoop uitgespreek dat die regering nou sal luister na die oproepe van buite en indien dit nie gebeur nie kan Suid Afrika op ‘n ramp afstuur wat erger as die res van Afrika sal lyk.

 

Foto: Raadslid Philip van Staden van die VF Plus by die Nasionale Behuisingskongres in Durban

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.