Die Voorblad

A+ A A-

Tablet rekenaars: Apple of Galaxy TAB?

Die nuutste gier onder mense die laaste tyd blyk tablet rekenaars te wees. Daar is steeds baie mense wat belangstel om een te koop maar nie weet wat om met die ding te doen. Die bekendste tablet rekenaar is natuurlik die Samsung Galaxy Tab en die Apple iPad.

 

Alhoewel nie so beken soos Apple se iPad; is Samsung se Galaxy Tab besig om baie veld te wen. Die twee reuse van die tegnologie wêreld is natuurlik in die knou van 'n patent oorlog, maar dit stop hulle nie om hul goedere te verkoop nie.

 

Dit wil blyk asof Suid Afrikaners darem die oorlog sal vryspring. Apple se iPad is natuurlik op Apple se sagteware, iOS, gegrond wat beteken dat jou keuse vir gebruikersware ietwat beperk is omdat Apple eers sagteware moet goedkeur voordat dit in die mark versprei kan word, terwyl Samsung se Galaxy Tab, Google se Android gebruikersware gebruik.

 

Dit beteken dat enige persoon sagteware kan ontwikkel vir die stelsel sonder Google se goedkeuring. Alhoewel dit beide 'n goeie en slegte eienskap is, beteken dit dat meer mense sagteware kan ontwikkel vir die platform wat kompetisie bevorder.

 

Meer sagteware titels beteken aan die einde van die dag dat daar 'n groter keuse en weier verskeidenheid titels tot die end-verbruiker se beskikking is. Kom ons kyk bietjie van nader na elke platvorm en sy meriete.

 

Apple se iPad gebruik sagteware wat spesifiek vir die hardeware ontwikkel is wat beteken dat die sagteware altyd optimaal sal harloop. Apple sagteware hardloop op Apple hardeware in die sin dat die sentrale verwerker binne die iPad, deur Apple ontwikkel is.

 

Alhoewel Apple die produkte ontwikkel, bou hulle glad nie die produkte nie. Apple se skerms word deur Samsung gemaak terwyl die verwerker deur TSMC in Taiwan gemaak word.

 

Die Apple verwerker, die A4/A5 reeks, is dan ook gegrond op die ARM argitektuur wat beteken dat agter die skerms, die iPad en die Galaxy Tab, eintlik maar in dieselfde dieretuin bly. Apple se hardeware word aanmekaar gesit deur Foxconn.

 

Nou ja, nou weet ons wat basies binne die iPad aangaan, maar wat van wat op die oppervlakte aangaan. Wel die iPad hardloop natuurlik Apple se eie sagteware, genaamd iOS. Apple is die enigste maatskappy wat toegang het tot die oorsprong kode van die sagteware wat beteken dat slegs Apple verbeteringe kan en mag aanbring aan die sagteware.

 

Dit beteken dat dit maande of selfs jare kan neem voordat 'n sekiriteits risiko reg gemaak word. Wat dit ook beteken is dat Apple toegang het tot jou persoonlike informasie.

 

Daar was onlangs in die media berig hoe Apple, tesame met verskeie sellulêre maatskappye, toegang tot verbruikers se boodskappe, eposse en selfs oproepe verkry het, deurmiddel van die Apple hardeware. Dit opsig self is genoeg om my die skrik op die lyf te jaag!

 

Nou wat van Android? Wel soos reeds genoem gebruik die Galaxy Tab die Android stelsel wat deur Google ontwikkel is. Die stelsel is oop vir enige persoon om te verander, maar dit beteken nie dat dit gebeur nie. Gelukkig vir die man-op-straat is die komplekse programmering wat nodig is vir die taak nie iets wat in enige iemand se broek sit nie.

 

Die kanse dat dit op jou rekenaar sal opeindig, is ook nie baie groot nie. Wat dit wel beteken is dat enige programmeerder verbeteringe aan die sagteware kan aanbring, soos in die geval van Cyanogen Mod.

 

Die gemeenskap werk gedurig daaraan om die Android stelsel baie vinniger te maak vir enige hardeware, terwyl dit die Andriod sleutelstelsels behou. Hierdie eienskap verleen ook toegang tot Android-programering vir enige programmeerder wat sy sout werd is.

 

Die Samsung Galaxy Tab, net soos die iPad, het 'n ARM gebasseerde verwerker, maar word deur Samsung vervaardig. Omdat Samsung die wêreld se grootste vervaardigger van LCD-skerms en RAM-skyfies is, beteken dit dat amper alles binne in 'n Galaxy Tab deur Samsung vervaardig word.

 

Koppel daarmee saam uitstekende prestasie en jy het 'n wonderlikke wen resep. Omdat die Android stelsel oop is vir enige iemand om te programmeer, beteken dit dat daar elke dag derduisende nuwe sagteware titels verskyn van nuts-programme tot speletjies.

 

So, nou die vraag, watter een? Wel, afgesien van die feit dat Apple nooit hul produkte in Suid-Afrika adverteer nie, is daar steeds duisende mense wat wel hul produkte ken en koop.

 

Die vraag wat enige voornemende koper moet vra is; wie wil jy ondersteun, en hoeveel informasie wil jy in die proses weggee? As jy 'n geharde Apple ondersteuner is, sal jou antwoord natuurlik Apple wees, maar as jy nog nooit enige van die toestelle gebruik het nie, sal ek met 'n geruste hart Android aanbeveel.

 

Dit moet ook darem genoem word dat alhoewel hierdie rubriek rondom Samsung en Apple gedraai het, Samsung nie die enigste vervaardiger van Android tablette is nie. Daar is vele ander insluitende Acer, HTC en Lenovo.

 

Dus, gaan kyk gerus na jou spannetjie, dalk maak hulle ook 'n Android Tablet.

 

Neels Mostert is 'n vryskut tegnologie skrywer

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.