Die Voorblad

A+ A A-

Groen Comrades nommer vir Mari Boshoff

Hardloop maak haar sterker, meer doelgerig. Dit is een van die redes hoekom raadslid Mari Boshoff van die VF Plus in die Lesedi Munisipaliteit twaalf jaar gelede haar hardloop skoene aangetrek het en die lang pad laat aandurf.

 

Vanjaar het sy ‘n persoonlike oorwinning behaal toe sy haar permanente Comrades marathon groen nommer ontvang het.

 

“Niks is maklik nie. Jy moet gereeld oefen om jou doelwitte te bereik. Soms is dit moeilik om oefensessies in te kry tussen raad verpligtinge en jou beroep.”

 

Tog is alles die moeite werd as jy 8 brons medaljes en 2 Vic Chapmans medaljes deur die jare as Comrades atleet ontvang het.

 

 

Foto: Mari Boshoff, stadsraadslid van Lesedi Munisipaliteit saam met Grace Oliveira. Rdl Boshoff het pas haar tiende Comrades suksesvol voltooi en me. Oliveira was een van Suid-Afrika se beste Comrades atlete.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.