Die Voorblad

A+ A A-

DA-oes sal misluk

Die DA wil nou wys dat onkruid… die beter oes is!

 

Dit alles na Hellen Zille, DA-leier, besluit om haar ware kleure (en dis nie kakie drag soos vroeër gepropageer is nie) aan te trek vir die 2014-nasionale oesdag.

 

Die DA het nie net besluit om ‘n ANC-trekker te gebruik op oes-dag nie, maar gebruik ook dieselfde landbou unie in hulle strewe na mag. Die DA-oes onkruid en verkoop dit as ‘n oes wat lankal goudgeel op die lande staan!

 

Die DA het besluit dat hulle net soos die ANC, die volgende punte gaan oes in die 2014-Nasionale verkiesing!

 

• Die Demokratiese Alliansie (DA) se speker, me. Mazibuku, erken en sê die DA het dieselfde doelstellings met grondhervorming as die ANC. Daar is dus geen verskil tussen die DA en die ANC as dit kom by grondhervorming nie, volgens die Hansard van 7 Junie 2011.

 

• In Pretoria stel die ANC voor dat die bekende Jacob Marestraat na Jeff Masemolastraat verander moet word. In Kaapstad stel die DA voor dat die bekende Willie van Schoor-rylaan na Jeff Masemola-rylaan verander moet word, volgens Dr Conrad Beyers se artikel in die Beeld van 29 Maart 2012.

 

Hierdie feite maak sin wanneer boere ophou glo daar is net een opsie tydens ‘n oes en die moeite doen om te kyk na die DA se verkope en dit te vergelyk met die ANC se verkope… Albei is voorstaanders van swart ekonomiese bemagtiging, keur aborsie goed, is teen die doodstraf, glo in straatnaamverandering en albei glo plaasmoorde is nie ‘n aanval op boere nie.

 

Die DA sal in die toekoms harder moet werk na hul “Stop Zuma”- veldtog. Na hierdie leun-veldtog kry die DA nie my stem nie. Die Vryheidsfront Plus sal my stem in die 2014 verkiesing kry!

 

Die leier van die party is die Adjunk Minister van Landbou en ken defnitief die verskil tussen ‘n ryp oes en onkruid!

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.