Die Voorblad

A+ A A-

Van Riebeeckdag is weer relevant!

Patricia de Lille, die nuwe Demokratiese Alliansie burgemeester in Kaapstad, het op 6 April gal gebraak met haar uitspraak dat 'Van Riebeeckdag' glad nie relevant is nie!

 

Volgens de Lille was Kaapstad reeds gevestig nog voor Jan van Riebeeck in 1652 vanuit Nederland in die Kaap geland het. Mnr Jean Kriek, Vryheidsfront Plus se Gauteng-jeugleier sê dit bewys weer hoe min die agbare burgemeester van haar eie land se geskiedenis weet.

 

“Realiteit is realiteit mev. de Lille! Realiteit is nie die spoegels uit ‘n mond wat nog altyd die Afrikaner probeer onderdruk het nie. Realiteit is nie wat die DA in Rapport se vadoek skryf nie! “Die DA en die ANC wil ons paaie van gister dood maak, deur die Afrikaner se geskiedenis, so asof dit nooit bestaan het nie.

 

Ons het betaal met bloed, sweet en trane vir ons geskiedenis, Mev. de Lille, u sprokie stories sal ons met die waarheid beveg! As jy jou geskiedenis vergeet, bemark jy jou toekoms teen die laagste moontlike prys! Die Afrikaner is ‘n produk van sy geskiedenis, ‘n produk van sy vryheidswil!

 

En as u iets moet leer uit ons geskiedenis, dan moet dit wees dat ons vryheidswil sterk is! As u so sterk voel oor die vernietiging van ons geskiedenis, kom ons praat oor die Afrikaner se toekoms in n Volkstaat van sy eie! Van Riebeeck is en sal altyd deel van die geskiedenis van die Suid-Afrikaner bly.

 

Dit is die Vryheisfront Plus Jeug se plig om hierdie geskiedenis vir die nageslag lewendig te hou. Niemand sal ons vryheidswil stop nie.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.