Die Voorblad

A+ A A-

Helen maak 'n groot lawaai

Mnr. Peet Wessels, lid van die Wes-Kaap Dagbestuur, het die gedig oor die politiek geskryf, sommer so terwyl hy by ‘n waterpomp gesit het. Geniet hierdie stukkie poësie oor die harde wêreld van politiek.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Helen maak 'n groot lawaai

 

Hennetjie op haar mishoop kraai,

Koninklik die hand gelig

ligte tild in haar gewrig.

Indrukwekkend, flambojant

Zille raak nou skoon arrogant

 

“Bloedneus vir die ANC

die DA sal regeer!”

“Moet die opposisie nie verdeel”

klink dit luid in blou en geel

en Hitler-agtig praat sy voort.

watter kant botter sy haar brood?

 

Toespraak hou sy in Afrikaans

na wie se pype gaan sy dans?

Boer of Xhosa of Mohamedaan?

waar kom haar steun eintlik vandaan?

Wie se brood gaan sy eet?

wie se woord gaan sy spreek?

 

Sosialisties en liberaal

hoor ek vir Lenin in haar taal?

of fluister sy na regs `n woord?

en soek sy met die Boer `n akkoord?

 

Of verander haar deuntjie heel

wanneer sy die bruin stem steel?

Nee wat Helen, jy kan my nie fnuik

ek kan jou leun op `n myl ver ruik.

Gee my eerder die oranje groen,

dan die verraderlike Judas soen.

 

Uit twee monde kan jy nie praat,

iewers maak jy iemand kwaad.

Stadig, seker daal haar steun,

waar gaan Helen dan moet heen?

 

Het jy ooit `n plan B

Verder links jou volgende tree

Gaan sy dan nou na regs nog meer…

net om later om te keer?

Ons soek nie groter opposisie

Ons soek `n beter proposisie.

Getalle politiek het nou gefaal

Tot laagste laagtes nog gedaal.

Ons soek n werkbare alternatief

VRYHEIDSFRONT PLUS INISIATIEF!!

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.