Die Voorblad

A+ A A-

Irma Stern se kunswerk haal R5,8m

ʼn Skildery van Irma Stern, een van Suid-Afrika se bekendste kunstenaars, is vir R5,8 miljoen tydens ʼn kunsveiling in Kaapstad verkoop. Dit is amper ʼn miljoen minder as wat daar verwag is. Die skildery met die titel “Tiger Lillies” is van lelies in ʼn blompot. Die afslaer, Stephan Welz, sê dié skildery was in 1932 vir die eerste keer in die Kaapstadse Nasionale kunsgalery uitgestal.

 

 

Hy het die kunswerk as pragtig beskou en sê dit weerspieël wie Irma Stern is. Dit is onbekend wie die nuwe eienaar van die pragwerk is.

 

Foto: Strauss & Co.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.