Die Voorblad

A+ A A-

Is e-sigarette skadeloos?

Elektroniese sigarette is so gesond soos fonteinwater- jy kry nog steeds ʼn goeie kwota nikotien in, maar dit is skadeloos en natuurlik die kersie op die koek is die geen tabak bevat nie. As jy hierdie bemarkings strategie glo, kan jy sekerlik glo die maan is van kaas. Dokters is intens bekommerd oor die langdurige nikotien inname van die e-sigaret op jou liggaam. Nikotien stimuleer die kardiovaskulêre sisteem – dit versnel jou hartklop en laat jou bloeddruk styg, wat gevaarlik is vir mense met hartprobleme.

 

 

Professor Richard van Zyl-Smit, hoof van die longnavorsing kliniek aan die Universiteit van Kaapstad se sê nikotien  kan gewasse aanwakker want dit stimuleer vaatverharding, onnatuurlike bloedvat vomering wat kan lei tot kwaadaardige selgroei. Daar is ook navorsing wat toon nikotien belemmer fetus-ontwikkeling.

 

Nikotien is ook verslawend, volgens kenners net so verslawend as heroeïn,en kokaïen wat waarskynlik die rede is waarom daar een miljard rokers wêreldwyd is wat die die gewoonte kan staak nie. Ses miljoen mense sterf jaarliks aan tabakverwante siektes. Prof. van Zyl-Smit se wanneer hy nikotien bestel om in sy laboratorium te gebruik, is daar groot waarskuwings op die blik wat sê die produk is giftig en moenie per mond ingeneem word nie.

 

Passiewe sigaretrook word nie deur nie-rokers as skadeloos beskou nie – hulle staan eenkant wanneer ʼn persoon sy e-sigaret aanskakel. Die e-sigaret het ook ʼn finansiële implikasie – daar is ongeveer 466 verskillende handelsmerke in die wêreld en verkope uit die sigarette en by-produkte is sowat drie miljard doller verlede jaar. Die aanvanklike uitleg vir die e-sigaret is die Twisp beginners-pakket wat vir sowat R1 000 verkoop word. Om die vloeistof in die sigaret te vervang, kos R200.

 

Ander kenners meen die e-sigaret kan jong rokers aanmoedig om gou oor te slaan na ʼn ‘gewone’ sigaret. Mense wat e-sigarette gebruik het dikwels nie ʼn sperdatum wanneer hulle die gewoonte heeltemal gaan los nie. Dokters meen dat navorsing rondom die e-sigaret nog in die beginstadium is en mense word eerder aangemoedig om nie die e-sigaret as ʼn alternatiewe metode te gebruik om op te hou rook nie.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.