Die Voorblad

A+ A A-

Reuse panda flous oppassers

‘n Reuse panda het haar oppassers lekker geflous deur voor te gee sy is dragtig. Dit alles net om haar swangerskap in die luuksheid van ‘n lugversorgde kamer deur te bring en met happies soos vrugte en bamboes bederf te word. Ai Hin wat in die Chengdu-sentrum in China aangehou word, het in Julie vir groot opgewondenheid gesorg toe sy begin tekens toon dat sy waarskynlik dragtig is.

 


Sentrum-bestuur het groot planne met dié swangerskap gehad en het begin reëlings tref om die geboorte regstreeks op televisie uit te saai. Ai Hin kon sentrumbestuur egter nie vir baie lank flous nie en is teruggeplaas in haar  hok. Pandas is glo slim en sal alles doen vir lekker kos en eksra bederf, selfs ‘n swangerskap namaak.

 

Wilde pandas leef in afgesonderde gebiede in sentraal China. Hulle hou van bamboeswoude waar dit koel en nat is. Hulle hou ook daarvan om alleen te wees en in die natuur kom hulle in die lente bymekaar om te paar. Die wyfies se swangerskap-periode is gewoonlik vyf maande lank. Die babas is wit van kleur by geboorte en verander later van kleur.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.