Die Voorblad

A+ A A-

Kyalami-renbaan te koop

As jy vandag R200 miljoen in jou sak het, kan jy die Kyalami-renbaan in Midrand koop. Dié gewilde renbaan wat dekades lank bekend is vir sy Grand Prix- en Formule Een-motorwedrenne is in 1961 in Midrand begin. Kyalami is op die plaas Bothasfontein ontwikkel en is sowat 72 hektaar groot.

 

 

‘n Aankondiging is op 6 Junie gemaak dat die perseel vandag onder die hamer kom. Geen reserwe prys is op daardie stadium vasgestel nie. Elf applikante het egter aangevoer dat hulle sekere regte op die eiendom het. Die hooggeregshof het  bevind dat die veiling moet voortgaan met ‘n reserweprys van R200 miljoen.

 

Die veiling word in Hyde Park, Johannesburg, aangebied.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.