Die Voorblad

A+ A A-

Afrikaner Vrou: WAT is JOU rol in ons volk se toekoms?

Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein… waarvoor staan hierdie eenvoudige gedenknaald van sandsteen? Dit is ‘n Naald van onreg. ’ n Donker herinnering aan die tragiese dood van 26 000 vroue en kinders.

 

Bo en behalwe; is dit die simbool van die Afrikaner vrou se identiteit Die monument simboliseer dat ons as nasate van hierdie vroue, nooit mag vergeet wie en wat ons is nie. Dit is die baken vir elke Afrikaner vrou.

 

Dié struktuur verteenwoordig ons drang om op te staan en trots deel te wees van die toekoms van die Afrikaner volk. Vandag word ons bestaan weereens bedreig. Soos in die verlede word ons bestaansreg van ons weggeruk deur aanslae soos grondonteiening, plaasmoorde en ander misdade. Geskiedenis word weer herhaal. Ons volk is weer voëlvry verklaar.

 

“Affirmative Action” en “Black Enonomic Empowerment” teiken ons. Ons kinders word van ons afgerokkel om deel te word van die sogenaamde reënboognasie. Ons, as Afrikaner vroue, kan nie gedweë bly sit nie. Ons moet opstaan. Ons moet betrokke raak. Ons moet veg vir ons kinders se toekoms. Ons moet die geskiedenis onthou en ons kinders die gebeure leer. Ons moet die toekoms aangryp en sorg dat ons ‘n volk grootmaak wat trots is.

 

‘n Volk wat weet wie hulle is en waar hulle vandaan kom. Die toekoms bied baie geleenthede en uitdagings. Ons leer uit die geskiedenis dat Afrikaner vroue nog nooit teruggedeins het vir uitdagings nie. Ons moet die toekoms tegemoet gaan met afwagting en vertroue. Die gedenknaald wat na die hemel reik en die droefheid van die vrouefigure wat magteloos die dood van ’n kind moet aanskou, bly ’n mens by as jy dit eenmaal gesien het. Die beeld dra egter nie net die boodskap van lyding en lydsaamheid uit nie.

 

Aan die voetenent van die naald is die oorskot van ‘n vrou gestrooi. Die Afrikaner vrou was ‘n onhebbelike laspos vir Britse Owerhede. Sy was knaend. Sy het nie geskroom om die regering aan te vat oor menseregte skendings nie. Sy het aan amptenare die gruwelike gevolge van hulle dade onverskrokke uitgewys. Sy het uitgereik na behoeftiges en die swaarkry wat sy gesien het aan die wêreld bekend gemaak. Sy was knaend lastig totdat daar, hoe ontoereikend ook al, ondersteuning en reaksie gekom het. Vandag het ons meer lastige, knaende vroue nodig.

 

Ons vroue moet almal onhebbelike lasposte word. As daardie vrou aan die voetenent van die Naald soveel kon vermag - hoeveel sal ’n skare van knaende Afrikaner vroue nie regkry nie? God het die vrou toegerus met ’n fyn aanvoeling vir hoe en waar ons diensbaar kan wees en hoop kan skep. ’n Hoop so aansteeklik dat almal daarin wil deel en so kragtig dat dit ’n werklike en betekenisvolle verskil sal maak in ons strewe na ‘n Vrye Afrikaner toekoms.

 

Die Afrikaner vrou moet gestalte gee aan ons Volk se hoop en strewe, deur die stem te wees van elke Afrikaner vrou vir elke Afrikaner kind.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.