Die Voorblad

A+ A A-

Reader’s Digest vir een pond verkoop

Die tydskrif Reader’s Digest is vir een pond (sowat R18,10) verkoop. Volgens The Guardian het Mike Luckwell die tydskrif gekoop. Die eertydse gewilde tydskrif het in 1960 ‘n sirkulasie van 23 miljoen en 40 internasionale uitgawes gehad, maar is vandag sukkelend. Luckwell is ‘n waagkapitalis en beoog om ouer mense wat in reis belangstel, te teiken.

 

 

Hy stel ook baie belang in die tydskrif  se databasis van 1,5 miljoen name waarvan net 9 % onlangs ‘n Reader’s Digest gekoop het. Die tydskrif is in 1922 deur DeWitt en Lila Bell Wallance begin.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.