Die Voorblad

A+ A A-

Baie wil Oscar se saak lewendig op TV sien

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) verwelkom die gedagte dat die hofsaak van Oscar Pistorius lewendig op televisie uitgesaai word. Volgens die NVG sal dit die wêreld wys hoe die regstelsel in Suid-Afrika funksioneer. Pistorius se regsverteenwoordigers is egter teen die idee en het dit teegestaan. Pistorius se verhoor begin op 3 Maart vanjaar.

 

 

Pistorius het sy vriendin, Reeva Steenkamp op Valentynsdag  verlede jaar geskiet. Die saak het wêreldwye belangstelling gewek en nasionale en internasionale mediastasies wil graag die hofsaak direk uitsaai.

 

DStv kykers kan vanaf 2 Maart inskakel op kanaal 199 om die verhoor te volg. Die hof moet egter nog besluit of die opnames direk uitgesaai mag word. 

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.