Die Voorblad

A+ A A-

Ysbeer van Johannesburg dood

Geebee, ‘n ysbeer wat sedert 1986 saam met haar maat in die Johannesburgse dieretuin woon,, is aan natuurlike oorsake dood. Die ysbeer het saam met haar maat Wang in die dieretuin gewoon. Sy is verlede week vir diaree behandel en het goed op die behandeling gereageer, maar is Sondag dood in haar hok gekry.

 

 

Volgens ‘n woordvoerder van die dieretuin, gaan hulle nie vir Geebee vervang nie omdat die kanse van  ‘n suksesvolle teelproses skraal is. Ysbeerwyfies het baie lae temperature nodig vir ovulasie.

 

Geebee en Wang het sowat 30 jaar as broer en suster saamgewoon en was baie geheg aan mekaar. Hulle was die enigste ysbere in Afrika. Wang is sedert Geebee se dood onrustig en word vir lewerversaking behandel. 

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.