Die Voorblad

A+ A A-

Soektog na nog fossiele by Wieg van die Mensdom

Spesialis argeoloë begin eersdaags met uitgrawings na moontlike menslike fossiele in die Wieg van die Mensdom.  Die Universiteit van die Witwatrsrand gaan ‘n splinternuwe ekskursie aanpak waar hulle glo menslike fossiele is. Ses spesialis grot argeoloë  het in die land aangekom om deel te wees van die projek. Die ekspedisie word gelei deur professor Lee Berger, ‘n navorser by Wits.

 

 

Berger is bekend vir sy ontdekking van die Australopihecus sediba by die Malapa-terrein in die Wieg. Prof Berger het, terwyl hy die media toegespreek het, gesê dat ‘n grot wat feitlik onmoontlik is om by uit te kom,  die eerste is wat deur die groep gefynkamp gaan word. Daar is reeds dele van fossiele op die vloer van die grot gevind.

 

Die eerste stap is om die fossiel gedeeltes  uit die grot na die bodem te bring en te bestudeer. Die small grot is sowat 30 meter diep  slegs mense met  ‘n borsmaat van 18cm en minder kan die grot aandurf. Hy vertel hulle het reeds op sosiale  netwerke  ‘n beroep op kleingeboude mense wat kennis het van grotte gedoen, om hulle te nader. Hulle het gou 57 gewillige mense gekry. Almal is vroue.

 

Prof Berger is vol vertroue om aan die einde van volgende jaar ‘n artikel oor die groep se bevindings te publiseer.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.