Die Voorblad

A+ A A-

Gold Reef City word deur mynwater bedreig

Toeriste aan Gold Reef City sal eersdaags nie die drie onderste vlakke van die mynmuseum kan besoek nie, weens die stygende mynwater in die Sentrale Kom van die Witwatersrand. Die water is nou ‘gevaarlik naby’ aan vlak 5 van die mynmuseum. Die area sal binne die volgende twee maande gesluit word, berig Beeld.

 

 

Bouwerk aan die pompstasie wat spesiaal opgerig word om die water uit die Kom te pomp, is drie maande agter skedule. Die stasie is by die ou ERPM-myn in Boksburg. Die pompstasie sal waarskynlik eers in Februarie begin om suurmynwater uit te pomp.

 

Intussen sê Gold Reef City hou hulle die situasie dop en sal die geslote vlakke open sodra die watervlak dit toelaat.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.