Die Voorblad

A+ A A-

Steen ter herdenking van die Groot Trek word in Limpopo opgerig

Inwoners van die Potgietersrus-omgewing het tydens Erfenisdagvieringe op 24 September 2013, laer getrek by die Moorddrift-monument naby die dorp waar ‘n steen ter herdenking van die Groot Trek opgerig is. Die steen is in Afrikaans en Ndebele opgestel. Volgens Johan Willemse, organiseerder van die verrigtinge, vorm pioniersgrafte en monumente soos by Moorddrift, deel van die Afrikaner se grondbrief tot eiendomsreg. “Ons as Afrikaners mag trotse Suid-Afrikaners wees en steeds aanspraak maak op alle burgerregte”.

 

 

Leerders en die onderwysers van die CVO-Potgietersrus het ook ‘n handjie bygesit en die monumente en terrein skoongemaak en verfraai.  “ Ligte gruisklippies is binne die omheining gestrooi wat ‘n netjiese afgeronde beeld skep.  Verder floreer die doringboom ook wat deur die skool so ‘n paar jaar gelede geplant is.”

 

Die verrigtinge het uit ‘n eerbetoon en geskiedenisvertelling bestaan. Vir verdere inligting oor Afrikaner kultuurgebeurtenisse in Limpopo, kan Johan Willemse gekontak word by:  Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. .  

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.