Die Voorblad

A+ A A-

TRADISIONELE HERDENKING OP ERFENISDAG

Erfenisdag gaan vanjaar op ‘n besonderse wyse by die Moorddrift monument, suid van Potgietersrus gevier word, wanneer ‘n gedenksteen met die Groot Trek-175 embleem daarop hier onthul gaan word. Erfenisdag op 24 September 2013 sal om 10:30 by die Moorddrift monument begin wanneer mense vergader ter nagedagtenis van diegene wat daar  op die slagveld gesterf het.

 

 

Mnr. Johan Willemse, Afrikaner kultuurleier, vra dat mense blomme en kranse bring. ‘n Geskiedkundige praatjie sal ook gelewer word rondom die gebeure van Moorddrift. Daarna sal mense na Potgietersrus vertrek vir ‘n kranslegging geleentheid by kommandant-Generaal Piet Potgieter se graf op die stadsplein.

 

Almal word gevra om stoele en verkieslik ‘n hoed te bring om hulle teen die son te beskerm.

Kontak Ons

  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
  • Die Voorblad - Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Die Voorblad © Kopiereg 2011 - 2014 | Alle regte voorbehou.